Education in South Africa is set for new heights with its robotics and coding offering, focusing primarily on improving the awareness of STEM skills, namely science, technology, engineering, and mathematics […]
READ MOREDie COVID-19 pandemie het almal onkant gevang. Dit terwyl die nasionale afsondering nuwe uitdagings vir skole, hoofde, onderwysers, leerders en ouers bied.
Graag wil ons julle inspireer en motiveer met ons nuwe reeks “Kollig op…” waar ons gaan kyk hoe skole in hierdie tydperk die uitdagings aandurf en die verskillende hulpmiddels wat hulle gebruik.
Onderwyseres – Micaela Greeff: Om eerlik te wees, toe die skole gesluit is, het ek gedink dit gaan ‘n vroeë skoolvakansie wees en dat ons binnekort sou teruggaan. Ek het al my handboeke, my potplant (wat waarskynlik nou dood is) en alles anders in my klaskamer gelos.
Hoof – Sally Plessis: Ek het gedink dat die situasie baie ernstig was, maar dat dit okei gaan wees. Ons kan vir ‘n rukkie langer af wees en as ons terugkom, kan ons net inhaal.
Hoof – Sally Plessis: Ek het al my graad 10-, 11- en 12-leerders die werkskedule vir die jaar, harde kopieë van die eksamenriglyne en intervensienota’s gegee. Die leerders het twee stelle lêers, een vir intervensiewerk en een vir SBA-werk. Ek het albei lêers vir hul gegee om huis toe te neem. Ek weet nie hoekom ek dit gedoen het nie, instink dink ek. Ek wou hulle voorberei vir as ons langer van die skool af sou wegbly.
Onderwyseres – Micaela Greeff: My fokus was op die matrieks. Die fokus val altyd op die matrieks, maar toe ek besef dat die nasionale afsondering vir soveel langer gaan aanhou, het ek geweet dat ons ook op die res van die grade sal moet fokus. Toe die nasionale afsondering begin het, het ek reeds ‘n WhatsApp-groepie met die leerders en ouers geskep.
“Vanaf die oomblik wat ons dit in die skool gehad het, het ek ITSI gebruik om klas te gee,” sê skoolhoof, Sally Plessis. Hier is hoekom sy op ITSI se tegnologie vertrou:
Hoof – Sally Plessis: Aanvanklik het die onderwysers ‘n gesamentlike poging aangewend. Agterna het hulle egter besef dat hulle vroeër ‘n groter poging moes aangewend het. Hulle verander nou hul onderrigmetodes na e-leer en begin besef dat dit BAIE waarde het. Hulle beweeg weg van bloot die neem van skermskote (screenshots) en deur Learning Paths (‘n ITSI-funksie) begin hulle meer betrokke raak by die ITSI-program en die funksies daarvan.
Onderwyseres – Micaela Greeff: Ek dink as onderwyser voel jy gedwing, omdat dit die situasie is waarmee jy te doen het. Dit is wat dit is aan die einde van die dag, so óf jy het ‘n negatiewe houding en laat jou leerders in die steek, óf jy druk jouself om die beste vir jou leerders te gee.
Hoof – Sally Plessis: Die ITSI-platform het die onderwysers in staat gestel om tred te hou met die program veral met die assesserings as dit by ATP’s kom. Dit het ons ook in staat gestel om teen ʼn vinniger pas met ons matrikulante te werk as wat ons op skool sou werk. Op skool het jy scenario’s soos “bly stil”, “doen dit”, ens, maar met afstandsonderrig kan ons vorentoe beweeg, en die leerders is geneig om tred te hou. Hulle kan ook nou terugkom en weer na die klas kyk. Hulle kan na die ooreenstemmende handboek in die ITSI-toepassing kyk en verstaan waar hulle iets gemis het. Tussen 80 – 85% van ons leerders het op koers gebly.
Onderwyseres – Micaela Greeff: Omdat die leerders gedwing word om onafhanklik te werk, word hulle gedwing om by die inhoud betrokke te raak. Hulle word nie meer met lepels gevoer nie en is verantwoordelik vir hul eie werk. Ongeveer 80% werk baie hard, maar daar is altyd ‘n sekere persentasie wat nie hul deel doen nie en agterraak. Met die Learning Paths-funksie op ITSI, hoef ek nie terug te gaan en hulle forseer om in te haal nie. Hulle het die plan vir die jaar en die video’s wat hulle moet kyk is op die toepassing. So, hulle moet dit deurwerk en op hul eie tyd inhaal.
Hoof – Sally Plessis: Ons het ‘n opname onder ons ouers gedoen en 95% van die ouers is baie gelukkig met wat ons tans doen en spesifiek baie gelukkig met die ITSI-platform. Op versoek van die ouers voltooi ons leerders nou nog meer van hul werk deur middel van die ITSI-platform.
Ons het die ouers ook baie meer betrek. Die ouers kan sien wat aangaan. Die leerder kan nie net vir die ouer sê dat hulle die werk gedoen het nie, aangesien die ouer kan sien waar hulle behoort te wees (met behulp van ITSI se analise). Noudat die ouers meer betrokke is, kontak hulle ons as daar probleme is, en die onderwysers kan gouer ingryp.
Hoof – Sally Plessis: Ons is ‘n e-leerskool, dus as die leerders by ons skool aansluit, moet hulle ‘n tablet saambring. In ons geval was dit ‘n bonus om ‘n e-leerskool te wees. Minstens 80% van ons leerders het toestelle en het die materiaal afgelaai. Alhoewel daar ‘n paar databeperkings is, beplan die ouers en leerders vooruit en wag hulle vir “night surfer mode” om die nuutste werk af te laai.
Onderwyseres – Micaela Greeff: Sommige leerders kan nie by al die aanlyn lesse aansluit nie as gevolg van databeperkings, dus moet die ouers die werk wat aan hulle gestuur is, afdruk en tuis die onderwyser wees. Ek weet ook baie leerders wag vir “midnight” data, wat aansienlik goedkoper is, om dan hulle nuutste werk af te laai en te doen. Omdat miEbooks “offline” ook werk kan hulle dan die volgende dag die werk voltooi. Hulle sal my dan kontak om te bespreek wat hulle verkeerd gedoen het. Dus, as onderwyser, het my rol ‘n bietjie verander – ek moet nou seker maak dat ek die leerders en ouers effektief ondersteun terwyl hulle tuis leer.
Hoof – Sally Plessis: E-leer is die nuwe leermetode vir die 21ste eeu. Dit is nie die enigste een nie, maar dit gaan vorentoe nog ‘n groter rol speel. Ons moet daarby aanpas. Hoe gouer ons as onderwysers dit aangryp, hoe beter sal dit wees vir almal betrokke. Dit is net ‘n nuwe metode van onderrig. En teen die tempo waarteen ons moet leer sal jy nie kan teruggaan na die ou metodologie nie. Jy gaan soveel meer doen met e-leer. As jy nie oplossings soos ITSI en e-leer gebruik nie, gaan jy agterraak.
Onderwyseres – Micaela Greeff: E-leer is die pad vorentoe. Ek sien nie dat onderwys teruggaan na hoe dit tevore was nie. Ek dink die hele uitbraak van die koronavirus dwing baie verandering om plaas te vind, veral in die onderwys, en eerlikwaar, dit is ten goede.
Vir meer inligting of om met ITSI te skakel oor ‘n demonstrasie vir moontlike e-leer oplossings, kontak ‘n konsultant by sales@it.si of 012 941 1546.