Die COVID-19 pandemie het almal onkant gevang. Dit terwyl die nasionale afsondering nuwe uitdagings vir skole, hoofde, onderwysers, leerders en ouers bied.

 

Graag wil ons julle inspireer en motiveer met ons nuwe reeks “Kollig op…” waar ons gaan kyk hoe skole in hierdie tydperk die uitdagings aandurf en die verskillende hulpmiddels wat hulle gebruik.

– Onderhoud met Hoof Chris Zaayman, Maragon Mooikloof

(CLICK HERE TO READ THE ENGLISH VERSION)

 

1. Wat het eerste deur jou gedagtes as hoof gegaan toe jy hoor daar word ’n nasionale afsondering aangekondig?

Ons het al die week voor die skool gesluit het met afstandsonderrig begin, want ons het gesien dit gaan kom, so toe begin ons sommer onmiddellik met dit. Hier en daar het ons, ons koppe gestamp, maar goeie lesse geleer. Sover gaan dit regtig goed.

2. Hoe het julle voorberei vir die nasionale afsondering?

3. Watter rol sou jy sê speel ITSI se tegnologie tydens die afsondering?

Omdat die Onderwysers reeds bloot gestel is aan tegnologie vir laaste 4-5 jaar a.g.v. ons keuse om ITSI en e-leer te implementeer maak dit die hele proses makliker. Onderwysers kan nou veel makliker oorgeskakel het om MS Teams te gebruik vir klas aanbied en dan was dit maklik om die les op te volg met kommunikasie deur die miEbooks app. So miEbooks gee ekstra ondersteuning om materiaal by die leerders te kry.

So Maragon Mooikloof vlieg op die oomblik, omdat ons ITSI gebruik. ITSI red ons lewe totaal met hierdie.

Ander skole wat nou nie miEbooks het nie, sit met groot uitdagings. Ek is oortuig daarvan dat ander skole wat nou nog nie e-leer het nie, met nuwe oë na miEbooks en spesifiek ITSI gaan kyk.

Dit is so maklik, ons sit net alles op miEbooks en ons is uitgesorteer.

 

4. Hoe ervaar die onderwysers by jul skool die nasionale afsondering?

Ons onderwysers was goed voorbereid, omdat ons ’n week voor die nasionale inperking koppe bymekaar gesit het om te sien wat sal werk en wat nie. Ons het hier en daar uitdagings, maar verder is die onderwysers heel kalm en rustig en kan hulle die lesse aanlyn doen.

Die onderwysers moet egter nou ekstra werk doen om voor te berei, omdat die lesse ietwat aangepas moet word en omdat hulle nou vir elke periode ’n assessering moet opstel. Met miEbooks en ITSI is dit wel makliker, omdat die onderwysers die assessering met behulp van ITSI kan opstel en dan die les en assessering deur middel van die miEbooks-toepassing aan leerders kan stuur.

5. Hoe gaan dit met julle graad 12s? Oor die algemeen word daar heelwat bekommernis oor die groep van 2020 uitgespreek.

Ons is tans bietjie bekommerd oor die graad 12s. Meestal as gevolg van hulle praktiese vakke, waar hulle nodig het om praktiese take en ure by die skool te voltooi. Ons gaan die praktiese aspek van hierdie vakke op ’n manier moet opvang; al beteken dit dan Saterdae gaan gebruik moet word.

6. Enige raad of advies wat jy vir ander skole kan gee?

My gedagtes en raad post-COVID-19 is dat onderwys nooit weer dieselfde gaan wees nie.

Ons is ook opgewonde om ons eerste virtuele opedag in Mei te hou!

 

 

Volg ons op sosiale media

     . 

Vir meer inligting of om met ITSI te skakel oor ‘n demonstrasie vir moontlike e-leer oplossings, kontak ‘n konsultant by sales@it.si of 012 941 1546.


Related articles

Classroom reboot with robotics

  • Aunyana Moloisane

Education in South Africa is set for new heights with its robotics and coding offering, focusing primarily on improving the awareness of STEM skills, namely science, technology, engineering, and mathematics […]

READ MORE

5 study tips to crushing exams

  • Optimi Classroom

Thousands of high school learners across the country are currently writing their final exams in what has been yet another immensely challenging academic year. Image source: © Andriy Popov – […]

READ MORE